Namibië lei Afrika in buitelandse direkte beleggings
Die Namibië Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad sê die land het tussen 2021 en verlede jaar 73 miljard Namibiese dollar in buitelandse direkte beleggings gelok. Die raad se Selma Namutuwa sê die olie- en gassektor is verantwoordelik vir 45 persent van die beleggings-invloei. Namibië beklee die vyfde plek in die Midde-Ooste en Afrika, met ‘n aandeel van 7 persent, in terme van buitelandse direkte beleggings. In 2022 was Namibië eerste in Afrika, gevolg deur Rwanda in die tweede plek en Kenia in die derde plek. Verlede jaar het ‘n aansienlike oplewing in buitelandse direkte investering gesien. Dit word ook toegeskryf aan Heineken se verkryging van Namibian Breweries Limited, wat die potensiaal het om beleggings ter waarde van 10 miljard dollar na die land te lok.