Namibië Landbou-unie bring hulde aan Geingob

Wyle president Hage Geingob het beplan om as boer af te tree ná sy ampstermyn as president. Die landbou-ministerie het ‘n gedenkdiens in Rietfontein gereël vir alle boere en instansies wat met landbou verband hou. Kommunale, hervestigde en kommersiële boere het die diens bywoon, asook verteenwoordigers van vele ander instansies. Thinus Pretorius, die president van die Namibië Landbou-unie, het tydens die diens sy meegevoel namens die unie en sy lede uitgespreek.