Namibië, kultuur, werkloosheid en GBV

‘n Studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind dat meer as ‘n derde van Namibiese vroue fisieke of seksuele geweld van ‘n intieme maat ervaar het, met 31 persent wat fisieke geweld en 17 persent seksuele geweld aangemeld het. Sommige kulturele norme, soos die idee dat mans minderwaardig voel wanneer vroue onafhanklik optree, kan ook geweld vererger. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die aktivis Zack Itodo, wat saamstem dat werkloosheid tot geslagsgeweld kan lei maar hy wil weet wat gebeur na sogenaamde manskonferensies soos die afgelope een.