Namibië kry nie heffings van gesmokkelde brandstof

Die Windhoekse prokureur, Kadhila Amoomo, het hom verlede week uitgespreek oor die onwettige smokkel van brandstof oor die Angolese grens na Namibië. Hy was filosofies oor mense wat in hegtenis geneem word omdat hulle goedkoop brandstof in Angola gekoop het in plaas van die duurder brandstof in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie oor die kwessie gesels. Hy sê die punt is dat Namibië wette het oor brandstof-aankope, en daar moet onder andere ‘n heffing betaal word, wat nie gebeur as brandstof gesmokkel word nie.