Namibië kort ‘n nasionale brandweerdiens

Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte van Windhoek Brandweer, het ongelykhede in die toerusting en hulpbronne van brandweermanne oor verskillende plaaslike owerhede uitgelig. Dit kom na die Outapi-brandweer nie ‘n brand by Shoprite op die dorp kon blus nie. Sikongo vra vir die stigting van ‘n nasionale brandweerdiens, wat nie net op brandbestryding gefokus is nie, maar ook brandveiligheid en -voorkoming insluit. Hy beklemtoon die behoefte aan groter bewustheid oor en implementering van brandvoorkomingsmaatreëls, insluitend brandontruimingsplanne, aangesien dit dikwels in gemeenskappe oor die hoof gesien word. Kosmos 94.1 Nuus het met Sikongo gesels oor hoe hulle bewusmaking in die nasie sal verhoog oor veiligheid en die voorkoming van brande.