Namibië kan voordeel uit Nigeriese raffinadery trek
Namibië kan baat vind by Afrika se grootste olieraffinadery wat in Nigerië geopen is. Nigerië is ‘n groot olieprodusent, maar die meeste hiervan word na die buiteland gestuur vir verwerking en die land voer brandstof in. Nigerië se bestaande raffinaderye is vir meer as drie jaar heeltemal gesluit weens oliediefstal, pyplyn-vandalisme en strukturele verwaarlosing. Die raffinadery van 19 miljard Amerikaanse dollar, wat deur Afrika se rykste man, Aliko Dangote, besit word, het die kapasiteit om sowat 650 000 vate petroleumprodukte per dag te produseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, gepraat oor wat die jongste ontwikkeling vir Namibië kan beteken.