Namibië ‘kan plan maak met krag’

Die Zambiese regering het ‘n aansienlike toename in beurtkrag aangekondig, weens kritiek lae watervlakke by die Kariba-dam en die Kafue Gorge-hidro-elektriese stasie. Huishoudings verduur nou 12 uur se daaglikse kragonderbrekings in blokke van ses uur elk. Namibië voer 180 megawatt uit Zambië in nadat NamPower in 2022 ’n bykomende 80 megawatt van die land se Zesco-maatskappy verkry het. Kosmos 94.1 Nuus het by Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, gaan uitvind of Namibië genoeg krag sal hê.

Angula gee opsies waarna die ministerie en NamPower kyk as hulle geen ander keuse het nie.