Namibië ‘kan nie bekostig om doeane-unie te verlaat’

President Hage Geingob het tydens sy jaareinde-inligtingsessie groot ontevredenheid met die huidige Suider-Afrikaanse Doeane-unie uitgespreek en gesê dit is ‘n koloniale artefak. Dit bevoordeel ook Suid-Afrika meer as die ander lande in terme van inkomste. Hy sê Namibië het vir hervormings gevra en sal nooit industrialiseer solank die unie bedryf word soos nou nie. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die Universiteit van Namibië se departement ekonomie gepraat oor hoe die unie voordelig is vir Namibië, en wat die gevolge sou wees as dit verlaat word.