Namibië kan middelpunt van Afrika-energie word

Die Omgewingsbelegginsfonds van Namibië, die EIF, sê Namibië is goed geposisioneer om teen 2040 die energie-middelpunt van Afrika te word. Volgens die EIF se korporatiewe kommunikasiebestuurder Lot Ndamanomhata streef Namibië daarna om teen 2040 die eerste koolstof-neutrale land op die vasteland te word. Namibië neem deel aan die Afrika Energie-indaba in Kaapstad Suid-Afrika deel. Namibiese verteenwoordigers bespreek die huidige ontwikkelings in die Namibiese energie-sektor, soos die ontdekkings van olie en gas, asook opkomende beleggings-geleenthede en die verskillende ingrypings wat geïmplementeer word om die energie-hoofstad van Afrika te word.