Namibië ‘kan meer dwelms verwag’

Die polisie het ‘n twee dwelm-vondse in dieselfde vragmotor op Ariamsvlei gemaak. Eers is ‘n 51-jarige Namibiese man by die grenspos in hegtenis geneem nadat 6 186 Mandrax-tablette ter waarde van meer as 745 000 Namibiese dollar in sy vragmotor gevind is. ‘n Verdere soektog het nog 10 000 tablette opgelewer. Die waarde van die vonds is tans net meer as 1,9 miljoen dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie Van Zyl, wat sê Namibië kan verwag om meer dwelms die land te sien binnekom.