Namibië ‘kan dalk kernkrag saam met Botswana ondersoek’

Debatte duur voort oor of Namibië kernenergie moet nastreef. Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne beveel ‘n kernkragsentrale aan, om die land se ryk uraanbronne te benut deur plaaslike verryking. Rusland se staatsatomiese energiekorporasie, Rosatom, het ook planne aangekondig om moontlik ‘n kernkragsentrale in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Omgwingskamer, dr. Chris Brown, wat ‘n interessante opsie aanbied.