Namibië kan dalk gevolge sien oor MV Kathrin

Die vaartuig MV Kathrin wat nie toegelaat is om in Namibië te dok nie maak omtrent opslae. Die vaartuig was glo op pad na Israel met wapens of ammunisie om in die oorlog in Gaza te gebruik, en die Namibiese Polisie het vasgestel daar is plofstof aan boord. Die verbod strook met Namibië se internasionale verpligtinge, insluitend die Volksmoordkonvensie, het Justisieminister Yvonne Dausab gesê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Andre Duvenhage, ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika, wat sê dat daar ‘n impak kan wees op die verhouding tussen Namibië en Duitsland.