Namibië kan baat vind by GMO’s

Geneties aangepaste organismse, of GMO’s, is ‘n komplekse kwessie in voedsel en landbou. Voorstanders beklemtoon hul potensiaal om oesopbrengste te verhoog, plae en siektes te bestry, en selfs voeding te verbeter. Teenstanders is egter bekommerd oor potensiële gesondheids- en omgewingsrisiko’s, asook om van groot maatskappye en gepatenteerde sade afhanklik te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels, wat sê GMO’s is ‘n positiewe inisiatief en behoort in Namibië gebruik te word.