Namibië is op koers om sy teikens vir moeder- en kindervoeding mis te loop
Namibië is op koers om al sy teikens vir moeder-, baba- en kindervoeding mis te loop. Volgens die Global Nutrition Report is daar geen vordering om bloedarmoede onder vrugbare vroue te verminder nie, met 25,2 persent van vroue van 15 tot 49 jaar wat nou geraak word. So ook met lae geboorte-gewig. Meer as 15 persent van pasgebore babas word ondergewig gebore. Terwyl daar nie genoeg data is in verband met borsvoeding nie, toon die huidige syfers ongeveer 48 persent van kinders tussen die ouderdom van 0 en vyfjaar, eksklusief geborsvoed word. Daar is vordering met trae groei in kinders maar, amper 23 persent van kinders onder vyf het nie genoeg kos om groeiteikens te behaal nie. In terme van erge ondervoeding, is net meer as 7 persent van kinders onder vyf geraak, hoër as die vasteland se gemiddelde syfer van 6 persent.