Namibië in voedselsekerheid krisis: VLO

Die nuutste kos-pryse indeks van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou Organisasie sê 33 Afrika-lande, insluitend Namibië, het hulp van buite nodig om genoeg kos aan die bevolking te verskaf. Die organisasie voorsien dat sowat 695 000 Namibiërs tussen nou en Maart volgende jaar akute voedselonsekerheid in die gesig sal staar. Weer- en prysskokke, sowel as lae ekonomiese groei, is sleutelfaktore wat die hoë vlakke van akute voedselonsekerheid aandryf. Inflasiekoerse sal ook na verwagting hoog bly in die komende maande, wat beteken huishoudings sal minder geld hê om op voedsel te spandeer.