Namibië het sy eie ‘spotless’ kameelperd-baba
Kort op die hakke van die geboorte van ‘n kameelperdjie sonder kolle in Amerika, is ‘n soortgelyke jong kameelperd die naweek naby Mount Etjo gesien. Dit was die eerste keer dat so ‘n kameelperd in die natuur in Afrika opgemerk is. Dr. Julian Fennessy wat die outjie sonder kolle gewaar het, sê dit is nogal opwindend en hy hoop dat die dier oorleef, sodat meer oor hierdie kameelperde geleer kan word.