Namibië het reeds goeie handelsvlakke met Brics-lede

Namibië se handel met Brics-lande staan tans op 97 miljard Namibiese dollar teenoor 85,3 miljard dollar met Sacu-lande en 43,1 miljard met die VSA, Europa en Brittanje. Volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, is handel met die  nuwe Brics-lede wat in Januarie 2024 bygevoeg word, 12,5 miljard dollar. Die lede van Brics het oor die algemeen ‘n goeie verhouding met Namibië en daar is voordele plaaslik, veral omdat die Namibiese dollar gekoppel is aan die Suid-Afrikaanse rand. Dit is nie duidelik of Namibië aansoek vir Brics-lidmaatskap sal doen nie. President Hage Geingob het die verrigtinge in Suid-Afrika bygewoon en Brics het aangekondig dat hy wil uitbrei.