Namibië het onlangs polio-risiko onder die loep geneem

Terwyl die Afrika-streek in 2020 vry van polio verklaar is, is daar onlangs gevalle in Botswana aangemeld. Regoor die wêreld is daar kommer oor die onderbreking van roetine inentings as gevolg van Covid. Botswana het intussen 370 000 kinders ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, woordvoerder van gesondheidsministerie gesels.