Namibië het kortings vir privaat sonkrag, soos SA

Die elektrisiteitstariewe bly in die nuus, veral oor die hoë koste. Die feit is dat Namibië meeste van sy krag invoer vanaf buurlande, wat dit duurder maak. In Suid-Afrika het privaat sonkrag fotovoltaïese opwekking die hoogte ingeskiet weens ‘n verkeidenheid faktore. Huiseienaars kry ‘n belastingkorting vir die oprig van sonpanele en oormaat krag kan verkoop word. Sonkrag is ook volhoubaar en het geen uitstralings nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, wat sê Namibië het ‘n soortgelyke program.