Namibië goed verteenwoordig by Berlyn-toerismeskou

Byna 20 Namibiese toerisme-organisasies het saam met die Namibiese Toerisme-buro vir die eerste keer in drie jaar weer die wêreld se grootste toerismeskou in Duitsland, ITB Berlyn, bygewoon. Die skou lok elke jaar 160 lande en die Duitse mark is ‘n baie belangrike mark vir die Namibiese toerismesektor. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold gepraat.