Namibië geprys by PAP

Die derde gewone sitting van die sesde wetgewer van die Pan-Afrika-parlement in Midrand in Suid-Afrika, kyk na verskeie regeringskwessies. Die streekskoördineerder van die African Peer Review Mechanism, Germain Miteu Tshinu, het ‘n aanbieding oor verskeie regerings gelewer. Namibië het ook onder die loep gekom en die aanbeveling is dat kinderhuwelike stopgesit moet word. Namibië is ook geprys dat swanger tieners toegelaat word om aan te hou skoolgaan.