Namibië gekant teen VSA se sanksies teen Venezuela, Kuba en Zimbabwe

Namibië sal voortgaan om te pleit vir die opheffing van ekonomiese sanksies teen Venezuela, Kuba en Zimbabwe deur Amerika. President Hage Geingob sê die geraakte lande probeer hul bes om te ontwikkel en het ‘n beroep gedoen dat burgers van dié lande se humanitêre regte moet seëvier. Geingob het Namibië se standpunt herhaal toe hy die besoekende minister van buitelandse betrekkinge van Venezuela, Yvan Gil Pinto, en sy afvaardiging by Staatshuis ontmoet het. Namibië en Venezuela wil bilaterale betrekkinge op verskeie gebiede soos myne en energie, landbou, behuising en onderwys, versterk.