Namibië gaan vier-dag werksweek op proef stel

Namibië sal die tweede Afrika-land word, en een van slegs ‘n handjievol wêreldwyd, wat die vierdaagse werksweek gaan beproef. Die inisiatief het ten doel om werk-lewe-balans te verbeter, werknemers se produktiwiteit te bevorder, inkomste te verhoog en uiteindelik ‘n meer volhoubare en inklusiewe werksomgewing te skep. Die 6-maande loodsprogram sal in April vanjaar afskop, met deelname van ‘n diverse reeks nywerhede en toonaangewende besighede. Die inisiatief sal gelei word deur die organisasie 4 Day Week in vennootskap met sy landvennoot, Pulse HR Network Namibia, soos verteenwoordig deur Jonas Ileka. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileka gepraat, sê daar sal steeds van werknemers verwag word om 100 persent produktief te wees.

Werkgewers sal die buigsaamheid hê om werknemers toe te laat om die spesifieke datums te kies wat hulle graag wil werk.