Namibië – EU verhouding staan sterk

Die verhouding tussen Namibië en die Europese Unie, wat in 1991 begin het, staan nog steeds sterk, veral met die groenwaterstof-ooreenkomste wat die twee lande onderteken het, volgens adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die Europese Unie in Namibië het ‘n besigheidsforum in Brussels bygewoon oor groen-waterstof en kritieke minerale. Die twee lande het laasjaar by COP27 ‘n verstandhouding-memorandum geteken oor groenwaterstof en kritiese grondstowwe, en die implementering daarvan is ook by die besigheidsforum bespreek.