Namibië, EU in besigheidsforum oor groen-waterstof, minerale

Die Namibiese beleggingsbevorderingsraad bied saam met die Europese Unie in Namibië ‘n besigheidsforum aan in verband met groen-waterstof en kritieke minerale. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se hoof uitvoerende beampte, Nangula Uaandja, gesels wat meer het oor die rol wat die vennootskap vir Namibië en die Europese Unie sal vervul.

Gosia Lachut, adjunkhoof van die EU-afvaardiging na Namibië, sê die 2023-besigheidsforum is belangrik.