Namibië ‘ervaar reeds klimaatsverandering’

Die Suidelike Afrika Wetenskap-dienssentrum vir Klimaatsverandering en Aanpassende Grondbeheer bied ‘n Klimaatsverandering Dialoog in die hoofstad aan. Die doel van die byeenkoms is om lande te betrek oor die agenda van Cop28. Dit bring ook ministeries en sleutel-belanghebbendes byeen om klimaatkwessies te bespreek wat relevant is tot die nasionale klimaatsverandering-beleid. Anna Shiweda, adjunkminister van landbou, het tydens die geleentheid gesê Namibiërs ervaar jaar in en jaar uit klimaatsverandering.