Namibië en Zambië ruil gevangenes uit

Namibië en Zambië het amptelik 21 gevonnisde gevangenes by die Katima Mulilo-grenspos uitgeruil in ‘n stap om gevangenesrehabilitasie en herintegrasie te verbeter. Die uitruil volg op resolusies wat gemaak is tydens die 25ste sitting van die Namibië-Zambië Gesamentlike Permanente Kommissie oor Verdediging en Sekuriteit. Die ooreenkoms stel gevangenes in staat om die res van hul vonnisse in hul tuislande uit te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met kommissaris Michael Mulisa van die Korrektiewe Diens gepraat.