Namibië en SA van die gevaarlikste lande ter wêreld

’n Onlangse ranglys van die veiligste lande ter wêreld lys Namibië  en Suid-Afrika as van die gevaarlikste. Die navorsingsplatform Wisevoter het 192 lande vergelyk op grond van ‘n land se sterftes weens misdaad. Volgens die platform se ranglys sit Suid-Afrika in die 187ste plek uit 192 lande wat dit die 6de gevaarlikste land ter wêreld maak. Suid-Afrika is dus gevaarliker as Irak, Somalië, Rusland, en Mexiko. Volgens die ranglys is die veiligste land in die wêreld Singapoer. Namibië lê 172ste op die ranglys en is dus die 20ste gevaarlikste land ter wêreld.