Namibië dien vroeg verslag in oor gryslys

As Suid-Afrika teen Oktober 2025 van die Finansiële Taakmag se gryslys af wil kom, moet hy teen Februarie 2025 die 22 geïdentifiseerde kwessies aanspreek. Agt kwessies is reeds in die buurland afgehandel. Namibië het besluit om vrywillig ‘n vroeë verslag by die Taakmag in te dien vir sy vergadering in Oktober vanjaar. Deur vroeër as wat vereis word verslag te doen, kan die land dalk vinniger van die gryslys verwyder word, indien daar doeltreffende vordering gemaak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, wat ‘n opdatering gee oor Namibië se vordering.