Namibië-Botswana-grenspos binnekort 24 uur oop

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake sê die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte tussen Namibië en Botswana sal vanaf 1 April 24 uur voltyds oop wees. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, het gesê die amptelike opening sal deur die Namibiese minister, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, waargeneem word. Maritz sê die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die streek. Die Trans-Kalahari-korridor verbind die hawe van Walvisbaai met Botswana se hoofstad, Gabarone, wat dit een van die besigste korridors maak.