Namibië Boere Droogtehulp sukkel met die koste van duur voer

Die Namibië Landbou-unie sê hy het reeds planne in plek om die impak van die dreigende droogte vanjaar te versag. Die lae reënval hierdie somer is ‘n gevolg van die El Nino-weerverskynsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van Namibië Boere Droogtehulp gesels oor hulle fondsinsamelingsplanne. Le Grange sê hulle groot probleem is dat voer wat aangekoop moet word, baie duur is.