Namibië Bo-40 krieketspan op pad na Wêreldbeker

Die Namibië Bo-40 krieketspan het deurgedring na die finaal van die Afrika-beker toernooi wat by die Irene Buiteklub in Pretoria gespeel is, waar hulle teen Suid-Afrika verloor het. Die Veterane Krieketvereniging van Namibië het aangekondig dat Johan Nel die meeste lopies in die toernooi aangeteken het met ‘n totaal van 146, terwyl Henrik Geldenhuys die tweede-meeste paaltjies laat kantel het met ‘n totaal van sewe. Die span gaan ook aan die eerste Bo-40 Wêreldbeker-toernooi deelneem, wat vanaf 19 Februarie tot 1 Maart volgende jaar in Kaapstad en omgewing gespeel sal word.