Namibië, Afrika het steeds uitdagings met konnektiwiteit
Afrika, en daarmee saam Namibië, staan vanjaar aan die voorpunt van ‘n digitale revolusie, gereed vir beduidende vooruitgang in netwerkinfrastruktuur. Gedryf deur ‘n kombinasie van regeringsinisiatiewe, privaatsektorbeleggings en tegnologiese vooruitgang, beleef die vasteland ‘n transformerende era in konnektiwiteit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende voorsitter van die Paratus-groep, Barney Harmse, wat sê dat hoewel tegnologie vinnig groei, Afrika steeds ‘n paar uitdagings ervaar.