Namibia Housing Action Group pleit vir fondse

Die Shack Dwellers Federation of Namibia is ‘n gemeenskapsgebaseerde netwerk van behuisingbesparingskemas, wat daarop gemik is om die lewensomstandighede van stedelike en landelike armes te verbeter, terwyl vroue se deelname bevorder word. Die Namibia Housing Action Group is ‘n nie-regerings diensorganisasie wat ten doel het om die Shack Dwellers Federation te ondersteun en waarde toe te voeg. Die land ondervind ‘n behuisingskrisis en meeste mense kan nie bekostigbare huise bekom nie weens sosio-ekonomiese faktore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, wat by die regering en private sektor pleit vir meer befondsing.