Namibia Critical Metals se omgewingsklaring vir Lofdal-projek is hernu
Namibia Critical Metals het die hernuwing van sy Omgewingsklaringsertifikaat vir mynaktiwiteite op Mynlisensie 200 aangekondig, wat die Lofdal Heavy Rare Earth-projek naby Khorixas dek. Dit laat die maatskappy toe om eksplorasie-, verwerkings- en mynaktiwiteite by Lofdal uit te voer en is geldig tot September 2027. Die Lofdal-projek is ‘n beduidende afsetting van die seldsame swaar aardmetale disprosium en terbium. Die maatskappy het ook beduidende vordering in sy voor-uitvoerbaarheidstudie vir die uitgebreide Lofdal 2B-4-projek gerapporteer. Dysprosium en terbium is sleutel-bymiddels in magnete wat in elektriese voertuie, windturbines, lugversorgers en hysbakke gebruik word.