Namibia Berries verskaf werk vir duisende

Namibia Berries, ‘n 250-hektaar bessieplaas by Divundu in die die Kavango-Oos-streek, het sy eerste brame geoes en uitgevoer. Die projek word gelei deur Loxworth Capital, ‘n Kaapstad-gebaseerde waagkapitaalmaatskappy. Die projek het grootskaalse kommersiële produksie van bloubessies in 2021 begin. Die maatskappy het tans 800 permanente werkers en gebruik ook sowat 7 000 seisoenale werkers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kavango-Oos goewerneur Bonifatius Wakudumo, wat die projek se belangrikheid vir die streek onderstreep.