Namib Mills sleep Amushelelo en kie hof toe
Namib Mills daag Michael Amushelelo, die Namibiese vakbond vir kleinhandel werkers, die NEFF-party en talle ander, sowel as die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie in die hoërhof uit. Luidens stukke sal die saak op 2 April aangehoor word. Die maatskappy soek verskeie interdikte teen die eerste 29 respondente wat hulle verhoed om op hulle perseel te kom of enige bedrywighede te beperk. Amushelelo was op 11 Maart by die maatskappy en het vir die tweede keer ingemeng by bedrywighede, veral logistieke en vervoer.