Namib Mills seëvier teen Amushelelo in die hof

Regter Hannelie Prinsloo het vanoggend ‘n tussentydse interdik uitgereik om Michael Amushelelo en ‘n groep van 26 te keer om die ingang na die maatskappy se perseel onwettig te versper en te dreig om sy bedrywighede te staak. Die bevel is tot 3 Mei van krag en dan moet Amushelelo en die ander respondente bewys hoekom dit nie bekragtig moet word nie. Die groep mag ook nie binne 70 meter van die maatskappy se perseel kom nie en die polisie is beveel om nodige maatreëls te tref om uitvoering te gee aan die hof se bevel.