Namib Mills se vakbond wil staak, maar wil nie sê wanneer nie
Die Solidarity-vakbond wat Namib Mills se werknemers verteenwoordig, sê hulle beplan ‘n landswye staking van werkers wat salarisverhogings eis. Die bedryfshoof van die vakbond, Joseph //Garoëb, sê op die oomblik kan hulle nog nie ‘n datum van die staking bekend maak nie weens verskeie redes. Hulle het onlangs ‘n opname regoor die land gedoen en werknemers gevra of hulle wil staak of nie, en die meerderheid het vir ‘n landswye staking gestem. //Garoëb is aan die woord…