Namib Mills se bestuurspan is in die Oos-Kaap

Namib Mills het vanoggend ‘n verklaring uitgereik oor die jongste na drie kinders in die Oos-Kaap dood is na hulle sy kitspap geëet het. Die maatskappy sê die produk is onttrek uit die markte in Namibië, Suid-Afrika, Zambië, en Lesotho. Die uitvoerende hoof en bestuurspan het na Mdantsane gereis om persoonlik in gesprek te tree met die geraakte gemeenskap en om toesig te hou oor die vordering van ‘n onafhanklike ondersoek. Die betrokke besending pap is geïdentifiseer en geïsoleer en monsters is gestuur na ‘n onafhanklike, geakkrediteerde derdeparty-laboratorium vir omvattende toetsing. Dit neem normaalweg tot twee weke maar hy het ‘n versnelde proses versoek. Namib Mills sê hoewel dit ‘n geïsoleerde voorval is wat slegs met een huishouding gekoppel is, bly hy ten volle verbind tot samewerking met alle relevante owerhede om die feite vas te stel met deursigtigheid.