Namfisa waarsku mikroleners oor terughou van dokumente

Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, waarsku die publiek en geldskieters teen die terughou van leners se bankkaarte, PIN-kodes, oorspronklike identifikasiedokumente, paspoorte en oorspronklike bestuurslisensies, soos uiteengesit in die Mikroleningswet van 2018. Mikroleners wat skuldig bevind word aan die oortreding, sal boetes betaal wat bereken word teen 10 persent van die jaarlikse waarde van leningsuitbetalings. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder van Namfisa, Victoria Raimond, gepraat wat ‘n ernstige waarskuwing rig.