Namfisa verduidelik verbruikerskrediet-wetsontwerp

Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, gaan ‘n boekie in dagblaaie byvoeg om lesers oor die Verbruikerskrediet-wetsontwerp te leer. Die wetsontwerp poog om regverdigheid, deursigtigheid en verantwoordelikheid binne die verbruikerskredietsektor te vestig, wat verbruikersbeskerming op die voorgrond plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Namfisa, Victoria Raimond, gepraat wat meer besonderhede gee.