Namfisa lig publiek in oor finansiële regte en verpligtinge

Die Namibiese toesighoudende owerheid oor finansiële instellings het Oktober as verbruikersbeskermingsmaand benoem om die publiek op te voed oor hul finansiële regte en verpligtinge. Kenneth Matomola, die hoof uitvoerende beampte van Namfisa, versoek verbruikers om hul data te beskerm deur hul persoonlike en finansiële inligting veilig te hou, terwyl hulle waaksaam moet wees teen bedrog, identiteitsdiefstal en swendelary wat hul finansiële sekuriteit in gevaar kan stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Namfisa, Victoria Muranda, gepraat.