Namdia wil diamant-ooreenkoms weer beding, soek meer waardetoevoeging

Namdia het ‘n rekorddividend van 300 miljoen Namibiese dollar vir die vorige boekjaar verklaar. Namdia se voorsitter, Bryan Eiseb, sê die bedrag verteenwoordig meer as net ‘n finansiële transaksie en is ook bewys van sy verbintenis tot die mense van Namibië. Hy sê dat Namdia in die ses jaar van sy bestaan bewys het die beste is om die Namibiese diamante self te bemark en nes Botswana gedoen het, voeg Eiseb by dit is tyd om die verkoopsreëling met Namdeb te hersien. Die ooreenkoms maak voorsiening dat 15 persent van Namdeb se jaarlikse mynproduksie aan Namdia in staatsbesit beskikbaar gestel word. Dit moet onderhandel word. Hy wil ook meer diamante slyp voor uitvoere en vra vir waardetoevoeging.