Namdia hanteer 2,1 miljoen karaat sedert sy stigting

Die diamantpoleermaatskappy Namdia is in 2016 gestig. Die maatskappy is 100 persent in staatsbesit en is in samewerking met De Beers op die been gebring. Die maatskappy het onlangs die bereiking van die mylpaal van 2,1 miljoen karaat wat sedert sy stigting hanteer is, gevier. Kosmos 94.1 Nuus het met Alisa Amupolo, Namdia se uitvoerende hoof gesels.