Namcor skors Walvis-terminaal bestuurder na diefstal
Namcor het sy bestuurder van sy Walvisbaai-terminaal, Ellis Egumbo, vir die vermeende diefstal van brandstof, geskors. Meer as 69 vragmotors met 2,7 miljoen liter brandstof is blykbaar gesteel. Die waarde word op 49 miljoen Namibiese dollar geskat. Media het reeds in Maart berig dat Namcor ‘n grootskaalse ondersoek gelas het na die 69 vragmotors nooit by hul bestemming aangekom het nie. Volgens The Namibian, is vier mense in Februarie en Maart gearresteer vir die diefstal van 1 miljoen dollar se brandstof. Een het bande met die geskorste Namcor-hoof Immanuel Mulunga en ‘n ander met Enercon wat brandstof aan die weermag verskaf.