Namcor sê nuwe bevindings by Venus-put is uiters belowend vir ‘n nuwe begin
Namcor het sy reaksie gegee oor internasionale berigte dat TotalEnergies se sogenaamde hoë-risiko boorwerk aan die Namibiese kus toon dat hy ‘n massiewe oliebron op hande het. Upstream Online verwys na die gebied, aflandig in die Suide van Namibië, as die wêreld se nuwe olie-brandpunt. Volgens die aanlynpublikasie het TotalEnergies se Venus-put alle aan verwagtinge voldoen. Die nuus volg na Shell ‘n week gelede aangekondig het dat sy Graff-1 put buitengewone olievloei-tempo’s behaal het tydens produksietoetse. Daar word beraam dat die gebied ongeveer 12 miljard vate olie bevat, sowel as triljoene kubieke meter gasbronne. Paulo Coelho, die woordvoerder by Namcor het met Kosmos 94.1 Nuus oor die goeie nuus gepraat…