Namcor sal drie putte in ’25 boor
Namcor gaan ‘n boorprogram begin en beplan drie nuwe olie- en gasputte teen die eerste kwartaal van 2025. Die aankondiging is gemaak deur Victoria Sibeya, Namcor se uitvoerende hoof van stroomop-eksplorasie. Die program is daarop gemik om nie net onlangse ontdekkings te ondersoek nie maar om nuwe reserwes te vind. Die boorwerk word met Galp in PEL83, Chevron in PEL90 en Rhino Resources uitgevoer. Die nasionale oliemaatskappy is aktief besig om seismiese data in te win en evaluasies te doen oor verskeie bekkens, insluitend die Oranje-, Walvis-, Namibe- en Lüderitz-bekkens.