Namcor-raadslid sal dalk eers vanmiddag verskyn

Die Namcor-raadslid, wat Maandagmiddag gearresteer is nadat 35 gram dagga, 60 stukkies kokaïen, en 10 gram kokaïen-poeier onder haar se motor-sitplek gevind is, sal na verwagting eers vanmiddag in die hof verskyn. Daar word berig dat die aanklaer, Rowan van Wyk nog nie die dossier ontvang het nie. Daar is vroeër berig dat sy van die handel in dwelms en nie die besit daarvan nie aangekla word. Die arrestasie, volgens berigte aangedrewe deur ‘n intelligensie-geleide operasie, het net voor ‘n raadsvergadering van Namcor plaasgevind waar aantygings teen die besturende direkteur Immanuel Mulunga en ‘n betaling van 100 miljoen Namibiese dollar aan ‘n Angolese vennoot bespreek sou word.