Namcor open twee vulstasies by Rundu

Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor het 15 vulstasies regoor die land gevestig en verskeie terreine geïdentifiseer wat geskeduleer is vir voltooiing later vanjaar. Namcor se teiken is om 33 operasionele brandstofstasies teen die einde van 2024 op te rig. In ‘n poging om hierdie doel te bereik, het Namcor onlangs twee diensstasies geopen wat die gemeenskap van Rundu in die Kavango-Oos-streek sal bedien. Kosmos 94.1 Nuus het met die wowordvoerder van Namcor gepraat…